Tuis Registrasie Slegs vir die dominee Die droomkis Die oudit-aktetas Die aksie-reistas Die gereedskapkas Die evaluasielaai Terug na verwelkomingsblad
Christian Louboutin PumpsCheap UGG Bootschristian louboutin 2010UGG Bailey Button BootsFlat irons hot pinkair max shoesPrada America's Cup Menscheap nike shoesprada shoes onlineprada shoes ukUGG Boots Sale


Aksie-Reistas

Inleiding

Die aksie-reistas wat help met ontwikkeling van praktiese planne aan die hand van ‘n proses.

Inhoud:

Inleidende artikels

Artikel 1 :Ontsluit gelowiges se volle potensiaal

Artikel 2 :Van toeskouers tot deelnemers

Artikel 3 : Kinders is volwaardige lidmate

Bedieningstrategie

Inleidend : Twee paralelle prosesse

  • Skematiese voorstelling:
    • Gemeentelike proses
    • Prosesbenadering wat die lidmate betref 

Aksieplanne

1. Binne die gemeente

  • Kerkbegrip en indentiteit (Wat beteken kerkwees en hoe behoort die
  • kerk te funksioneer?)
  • Strukture
  •    Herstrukturering van bedieninge en strukture
       Die rol van die kerkkantoor en administrasie

2. Lidmate en hulle gawes

  • Eienaarskap deur lidmate
  • Oriëntering van lidmate
  • Programme, projekte en aktiwiteite
  • Toerusting vir lidmate
      • Geestelik; 
      • Prakties; 
      • sensitief vir verskillende spiriltualiteite;
      • binne die gemeenskap;
      • uitreike in die omgewing;
      • volhoubare bediening.
    • Kort opname: Is julle deur al die fases?

Doelwit van die Aksie-reistas: Die gemeente stel realsitiese aksieplanne in werking wat met die werklikheid rekening hou en kry lidmate in beweging om na die omgewing en samelewing uit te reik en die mense daar te bedien.

Uitkomste van hierdie houer:

Die volgende Uitkomste sal wys of die doelwit bereik is:

  • Julle identiteit as gemeente in Christus is opnuut bevestig.
  • Aanpassings en veranderings is aangebring wat administrasie, strukture en bedienings betref. 
  • Rolle in die gemeente is duidelik uitgeklaar. 
  • Aksieplanne is opgestel om lidmate in te skakel en te motiveer. 
  • Lidmate se gawes is vasgestel en hulle is by bedienings ingeskakel. 
  • Daar is ’n opname gemaak oor watter toerusting lidmate nodig het. 
  • Julle het vasgestel watter uitreikprojekte in die omgewing nodig is en het projekleiers vir hierdie projekte aangestel.

--0--

Inleidende Artikels

Artikel 1 : Ontsluit gelowiges se volle potensiaal.

Die opskrif laat ’n mens wonder: Watter soort potensiaal word bedoel en wat is die bedoeling van hierdie potensiaal? Verder moet hierdie potensiaal benut word. Indien nie, is die vraag: Hoekom word dit nie benut nie?

Watter potensiaal?

Moenie oppervlakkig na ’n gelowige kyk nie. Gelowiges is mense wat deur die Heilige Gees nuut gemaak is, weer gebore is. Dit beteken dat elke gelowige ’n nuwe identiteit gekry het. In Efesiërs 2:8 stel Paulus dit só: Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; ... God het ons gemaak wat ons nou is.

Saam met die nuutmaak het die Heilige Gees van die gelowige kom besit neem. Daarom word elke nuwe mens in Christus die tempel van die Gees genoem (1 Kor 3:16-17; 6:19-20).

Dit het natuurlik ’n hele paar bewegings tot gevolg:

  • Die Heilige Gees dra vrug (Gal 5:22), met die spesiale kenmerke: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. 
  • Die Heilige Gees rus elke gelowige toe met spesifieke gawes (1 Kor 12). 
  • Daarmee vul die Heilige Gees elke gelowige met ontsettende krag (Hand 1:8). Van hierdie krag getuig Paulus: Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het (Ef 1:19b-20).

Wonder jy nog watter potensiaal jy as gelowige het? Die vraag is net: Wat is die bedoeling van hierdie potensiaal? Hoekom gee God vir sy mense sulke krag waarmee Jesus uit die dood opgewek is?

God se bedoeling met ons potensiaal

God gee aan ons hierdie potensiaal omdat dit ons in staat stel om God te verheerlik (Mat 5:14). Dit is God se manier om sy liefde aan die wêreld bekend te maak. Dit word saamgevat alles met die woord “roeping”. God gee aan elke gelowige ’n roeping. Dit is nie slegs dominees wat ’n roeping van God ontvang nie; dit geld vir ons elkeen. Behalwe ’n spesifieke manier waarop God elke gelowige wil gebruik, wil Hy almal wat aan Hom behoort, gebruik om sy liefde van Johannes 3:16 die wêreld in te dra. Só het ons elkeen die verantwoordelikheid om in hierdie wêreld ’n verskil te maak. Dit gaan dus nie oor onsself nie, maar oor die wêreld, God se wêreld. Daarom mag ons nooit ons godsdiens só beoefen dat dit maar net daaroor gaan of ons ewig gered is, terwyl die wêreld rondom ons onaangeraak bly nie.

Benut jy hierdie potensiaal? Daarop kan net jý antwoord. Wees op die uitkyk vir ’n paar verstoppings wat dikwels veroorsaak dat hierdie potensiaal onbenut bly.

Potensiaal-verwoesters:

’n Mens kan die volgende verstoppings in die proses uitwys:

  • die wanpersepsie dat “gewone” gelowiges nie self ’n roeping het nie; 
  • onkunde oor die gawes van die Gees;
  • leiers se onvermoë om strukture te vestig en strategieë in te stel wat gelowiges in gemeentes te help om hulle volle potensiaal te ontwikkel;
  • lidmate en leiers wat nie kan verstaan nie dat die koninkryk van God ’n belangriker grootheid as die kerk is.

[Terug na bo]

Artikel 2: Van toeskouers tot deelnemers

Die ideaal vir enige gemeente is sekerlik dat elke lidmaat aktief betrokke is. Ongelukkig is die persepsie in baie gemeentes nog dat ’n aktiewe lidmaat iemand is wat die eredienste bywoon en die kerk finansieel steun. God het veel groter verwagtings van elke Christen. God vra dat ons ons gawes vir diens beskikbaar stel. Daar is ’n geweldige lidmaatpotensiaal wat in baie gemeentes nog onderbenut is. Indien elke gemeente dit kan ontsluit, sal die kerk en Christendom letterlik uit die nate bars. Ons saak is diens. Luister hoe die Meester dit self stel: Markus 10: 45: “Die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.”

Lidmate wat hulle roeping ernstig opneem, besef dat hulle nie bedien moet word nie, maar moet dien. Elke Christen word geroep om ’n dienaar te wees. Lidmate moet die wêreld se nood raaksien, leer omgee, en hulle gawes gebruik om hoop te bring en ’n verskil in ander se lewe te maak. Die vrug van die Gees moet in elke lidmaat sigbaar word.

Dit was tradisioneel die taak van predikante en die kerkraad om te bedien en die gawes uit te leef. Hierdeur het baie lidmate verleer om hulle gawes te gebruik. Dit is nodig dat elke gemeentelid toegerus word om opnuut die vaardighede wat lidmate verloor het, aan te kweek en in te oefen. Onbenutte talente verroes en ’n mens verloor die gawe omdat jy dit nie inoefen nie.

Die span moet vernuwing binne ’n proses bestuur. Die leierskap moet ’n duidelike proses aanvaar waarvolgens die vernuwing van die gemeente  of van bedieningspatrone gaan plaasvind. Dit vra nie slegs dat ’n kursus aangebied word nie. Dit behels ’n voortdurende proses waarbinne die hele gemeente saam op pad na die visie is.

Hoewel baie gemeentes dit besef, sukkel hulle soms om die praktiese aanpassing te maak. Wanneer julle strukture vasstel en modelle kies, moet julle die unieke behoeftes van julle as gemeente in ag neem.

Die volgende riglyne kan moontlik help:

  • Maak seker dat die gemeente ’n duidelike doelwit of visie het. Dra daardie visie herhaaldelik aan die gemeentelede oor.
  • Elke lidmaat moet weet waar hy/sy binne die liggaam inpas; ook hoe sy/haar gawe bydra om die visie te bereik.
  • Maak seker dat daar ’n ruimte/bediening binne die gemeente is waar lidmate hulle verskillende gawes kan uitleef.
  • Die predikant moet as begeleier (coach) die geestelike gewoontes/dissiplines en vaardighede van lidmate oefen. Almal is op die veld en niemand sit en kritiseer vanaf die pawiljoen nie. Die predikant(e) is dus voltyds besig met opleiding en toerusting, sodat lidmate toegerus is om diens aan mekaar en in hulle omgewing te lewer (Ef 4:12).
  • Die span moet lidmate begelei om hulle gawes en passie te ontdek. Indien lidmate aangewend word waar hulle passie is, en nie slegs waar vakatures is nie, sal veel minder lidmate onbetrokke wees.
  • Kerkrade se strukture moet juis “gewone” lidmate aanmoedig om deel te neem en dit nie moeilik maak om hulle gawes te kom aanbied nie. Lidmate is net so kreatief as wat die struktuur hulle toelaat!
  • Daar behoort ook ruimte te wees vir die ontwikkeling van spontane gawegroepe. Sulke groepe kan gebaseer word aan op die kerk se leerstellings sowel as die gemeente se waardes en visie.
  • Julle as gemeentelede moet weet dat julle saam as een liggaam optree en wedersyds van mekaar afhanklik is. Julle werk saam as ’n span om die visie na te streef en uit te voer.
  • Betrek al minder mense in gemeentebestuur, sodat al meer lidmate by bedienings betrokke kan raak. ’n Lidmaat met visie vir ’n bediening moet nie in vergaderings en bestuur vasgevang sit wat sy/haar entoesiasme en geesdrif sal demp nie.

Wanneer julle as gemeente ruimte skep vir geleenthede om lidmate te bemagtig, sal julle ongekende nuwe energie en kreatiwiteit losmaak. Lidmate wat op dié manier bemagtig is, sal self gemotiveer wees om hulle potensiaal en gawes inspan om God te eer!

[Terug na bo]

Artikel 3: Kinders – Volwaardige lidmate van die gemeente

Wanneer ons kinderbediening hoor, dink ons aan:

  • ’n doopgeleentheid;
  • ‘n kinderdiens;
  • Sondagskool, kinderkrans, SKJA of kampe.

Gemeentes se leiers wil graag aansluit by die kinders se ervaring van God en hulle unieke uitkyk op die lewe. Gemeentes wil immers deur hieride fokus op kindwees verryk word. Daarom sal julle as gemeente diep moet nadink hoe om die kinders deur verskillende prosesse in te sluit by die gemeentelike lewe in die geheel.

Hoe dink volwassenes oor kinders?

Hoofsaak is sekerlik hoe volwassenes binne die geloofsgemeenskap oor kinders dink. Hierdie beskouing vorm die gemeente se verhouding met die kinders en raak die bediening aan hulle.
Julle kan in die gemeente die volgende vrae bespreek om volwassenes te laat nadink oor hoe hulle kinders beskou:

  • Wat is kinders se plek en posisie in julle gemeente?
  • Hoe voel julle daaroor dat kinders eredienste en ander aktiwiteite van die gemeente bywoon en aktief daaraan deelneem?
  • Watter plek behoort onderrig/lering te geniet binne die kerk se bediening aan kinders?
  • Wanneer behoort kinders deel te kan neem aan die gemeentelewe in die geheel?
  • Het kinders ook verantwoordelikhede in die gemeente? Indien wel, watter verantwoordelikhede geld vir julle gemeente?
  • Dink julle volwassenes kan by kinders leer? Indien wel, dui aan hoe julle as gemeente hierdie leer tans fasiliteer. Gee ook voorstelle oor hoe self julle leerbaarheid kan opskerp.
  • Waaraan/waarvolgens, dink julle, word kinders se waarde as mens in julle gemeente gemeet?
  • Kan kinders waarde toevoeg tot die gemeente se lewe in die geheel? Indien wel, verduidelik watter waardes jy dink kinders kan bydra. Hoe kan julle as gemeente help dat kinders hierdie waardes kan toevoeg?

Jesus vereenselwig Hom met kinders

Julle kan as gemeente die proses begin deur volwassenes se beskouing van kinders uit te daag. Judith Gundry-Volf lig vier beklemtonings uit van hoe Jesus Hom met kinders vereenselwig het. Julle kan hierdie beklemtonings tydens julle fasilitering gebruik:

  • Jesus wys kinders uit as kosbare geskenke wat versorging en diens verg. Kinders is broos en afhanklik en moet daarom deur elkeen wat die Koninkryk van God soek met nederigheid en deernis gedien word.
  • Kinders word aangedui as mede-ontvangers en modelleer toegang tot die heerskappy van God. Hulle ontvang God se heerskappy. Dis hoofsaaklik omdat hulle sosiale status laer is, saam met die armes en verdruktes. Kinders bring niks na God nie en vertrou eenvoudig op die goedheid van God. Kinders wys vir ons die regte manier om God se heerskappy te kan ontvang – met ’n gesindheid om in volle afhanklikheid op God te vertrou.
  • Kinders word aangedui as diegene wat ware insig in geestelike sake het. Die geestelike insig van kinders berus nie op hulle opvoeding/geleerdheid nie, maar op hulle unieke openheid om God se openbaring te kan dra en deurgee.
  • Kinders verteenwoordig in feite vir Jesus self, sodat diegene wat kinders van harte ontvang, ook vir Jesus en God ontvang.
    Hieruit word dit duidelik dat volwassenes kinders heelhartig moet ontvang – en hulle ook nodig het. Julle kan as gemeente die volgende praktiese voorstelle gebruik om kinders se deelname te bevorder:
  • Kinders kan die ruimte help versier waabinne die erediens plaasvind.
  • ’n Sinvolle voorstel: Kinders kan tydens ’n formele erediens die voorsang, votum, seëngroet, belydenis en Skriflesing saam met die gemeente geniet terwyl hulle kindgerig deelneem. Daarna kan hulle uitbeweeg na ’n “kinderkerk” waar dieselfde teksgedeelte as in die erediens hanteer word.
  • Wat van ’n volledige gemeentekoor wat al die verskillende geslagte in die gemeente verteenwoordig?
  • Doen moeite om nie net volwassenes as nuwe intrekkers binne ’n gemeente te verwelkom nie, maar ook spesifiek die kinders – deur ander kinders!
  • As ’n kind in die gemeente siek is, gaan kuier saam met ander kinders van die gemeente daar. Só leer kinders ook dat die lede in ’n gemeente na mekaar omsien.
  • Kinders kan selfs tot die gemeente se basaar bydra deur hulle eie tafel te hê waar hulle kinderprente en kaartjies kan verkoop.

’n Uitdaging aan julle as gemeente

Skep spesiale geleenthede in die jaar waar julle die gawes wat die kinders van God gekry het, erken en vier. Julle kan ook tydens hierdie geleenthede alle persone bedank wat by die gemeente se kinderbediening betrokke is, asook hulpverleningsdienste in die gemeenskap wat na kinders se behoeftes omsien.

Dink selfs aan ’n Nasionale Kinder-Sondag in die Nasionale Kinderbeskermingsweek vanaf 28 Mei tot 3 Junie (Nasionale Kinderdag 1 Junie). Op die eerste Saterdag van November word Nasionale Kinderdag dan gevier.
Maak julle kinders al meer deel van die gemeente-opset! Dit kan meebring dat kinders ’n sterker verbintenis tot God en sy kerk ontwikkel. Sodoende gun julle die kinders ’n ruimte om as aktiewe agente van die geloof vir die gemeente tot seën te wees.

Terugskoue: Wat het tot nou toe in die proses van gemeentevernuwing gebeur?

Julle het reeds as gemeente die proses soos volg hanteer:

  • preke, gesprekke, bybelstudies gehou om roeping, die liggaamsmodel en elke lidmaat se plek binne die liggaam vna Christus te verstaan; 
  • saam biddend na God se wil hieroor gesoek; 
  • ’n visie opgestel;
  • oudit gedoen van die gemeente, omgewing, bronne in die gemeente en lidmate se gawes.

Julle weet dus die volgende:

  • Waar is die gemeente (oudit)? 
  • Wat is positief (sterk punte)? 
  • Wat is negatief – waaraan moet julle werk (swak punte)? 
  • Waar wil julle uitkom – die ideaal (visie)?

Onthou: Die visie is net ’n lokomotief sonder spore. Aksieplanne en struktuur hou die proses op koers en dit is waaraan julle nou aandag gaan gee.

WAT HET TOT NOU IN DIE GEMEENTEVERNUWINGSPROSES GEBEUR?

Die gemeente het reeds:

  • preke, gesprekke, bybelstudies gedoen om roeping, liggaamsmodel en elke lidmaat se plek binne die Liggaam te verstaan;
  • ’n rimpel/leierspan saamgestel wat die proses begelei;
  • biddend saam na die wil van God gesoek;
  • ’n visie opgestel;
  • oudit van die gemeente, omgewing, bronne in die gemeente en lidmate se gawes gedoen.

Ons weet dus:

waar is die gemeente (oudit);

wat is positief (sterk punte);

wat is negatief- waaraan moet ons werk (swak punte);

waar wil ons uitkom - die ideaal (visie).

Die visie is net ’n lokomotief sonder spore. Aksieplanne en struktuur hou die proses op koers en dit is wat nou gedoen gaan word.

Bedieningstrategie

Die gemeente is dus nou besig met aksieplanne in die gemeente en gemeenskap:

  • hoe kom ons daar (by die ideaal);
  • watter aanpassings is nodig ;
  • hoe bemagtig ons lidmate om deel van die proses te wees;
  • tydskale ( lang, medium, kort termyn);
  • hoe bly dit volhoubaar?

Elke gemeente is uniek en elkeen sal die strategie by hul unieke karakter en omstandighede moet aanpas .

Gereedskapkas - Rimpel-artikel: Strategiese beplanning vir dinamiese gemeentes - Johan van Schalkwyk - Praktiese planne en evaluerings-materiaal

[Terug na bo]

[Teken uit]
Kopiereg 2010 Rimpels. Alle Regte Voorbehou.