|
Inhoud Meet die uitwerking van die gemeente se rimpels Julle gemeente en die leierskap daarvan behoort ’n oop gemoed te hê en ’n gesindheid wat bereid is om te leer. Die leierskap behoort ook deurlopend bereid te wees om die prosesse in julle gemeente te evalueer. Dit kan krities en waarderend geskied. Dit is belangrik om gereeld te evalueer en op die proses terug te kyk. Sodoende kan julle knelpunte betyds raaksien en kan julle vroegtydig oor sekere prosesse herbesin sodat julle nog kan verander waar dit nodig is. Evalueer die Rimpels-prosesse se uitwerking op julle gemeente en gemeenskap Evalueer - Die uitkomste van die Rimpels-proses behoort gereeld gemeet te word.
- Hoe gemaak wanneer daar probleme uitgewys word?
- Spoelklippie – hoe hou julle die proses aan die gang? Hoe volhoubaar is dit?
- Die ritseling van die Gees binne die prosesse en die verwondering!
- Die doelwit van die Evaluasie-laai: Evalueer die prosesse van vernuwing en lidmaatbemagtiging.
Uitkomste van die Evaluasie-laai: - Die gemeente kan self oordeel of die proses geslaagd was of nie.
- Die herstrukturering van die gemeente se bedienings het tot die proses van vernuwing bygedra.
- Die lidmate het eienaarskap vir die Rimpels-proses aanvaar
- Die lidmate het hulle gawes ontdek en span dit effektief in.
- Bepaalde projekte in die gemeenskap het daartoe bygedra om lidmate te bemagtig.
- Die gemeenskap kan getuig dat die gemeente daar ’n verskil maak.
- Die Rimpels-proses oefen invloed uit en maak prakties ©° verskil.
Wat is die uitwerking van die Rimpels-proses op julle gemeente en gemeenskap? Die proses is uitkomsgebaseerd Dit konsentreer op oplossings – nie probleme nie! Hou die volgende gidsvrae in gedagte: - Kry julle dit reg om in die fasiliteringproses op die oplossings en sterk punte te fokus?
- Het die proses jou as predikant en julle lidmate gehelp om julle elkeen se roeping beter te verstaan?
- Het dit julle nuwe perspektief gegee op hoe julle as gelowiges diensbaar kan wees en as kerk kan funksioneer?
Metings vir die vordering Meet die vordering van julle lidmate in die gemeente. Hier onder is tien belangrike riglyne en merkers vir die verdere geestelike vorming van volwassenes (oftewel Voortgesette volwasse onderrig): 1. Volwassenes is aanvanklik versigtig en huiwerig om deel te wees van ©° proses wat hulle geestelik verder wil vorm. Hou dus rekening met mense op ©° gevorderde ouderdom se vrese en weerstand teen geloofsvorming en -onderrig. 2. Volwasseleer veronderstel ’n gesindheid wat bereid is om te leer en vind die beste plaas in ’n ontspanne en vrye atmosfeer waarbinne die potensiaal van elke persoon verder en tot die beste ontplooi kan word. 3. Volwasse vorming fokus nie in die eerste plek daarop dat mense meer kennis bekom nie. Dit dui eerder op ©° proses waarin elkeen beter begrip opdoen, hom-/haarself leer verstaan, as persoon groei en vaardighede ontwikkel wat prakties tans toepaslik is in sy/haar lewe en werk. 4. Die persone wat volwassenes verder geestelik vorm, neem nie ©° kennersposisie in nie. Hulle tree meer op as vertolkers, medereisigers en geesgenote wat verkennende vrae kan vra en oor beskik goeie vaardighede om te luister en te vertolk. Sulke begeleiers verstaan prosesse en is gidse wat saam die reis meemaak. 5. Volwassenes beskik reeds oor deeglike ervaring van die lewe en praktyk. Hierdie ervaring behoort bloot vars en nuut geïnkorporeer te word met nuwe insigte en ontdekkings van hierdie volwassenes gedurende die leerproses. 6. Volwassenes word die beste verder gevorm in kleiner groepe en werksessies waarin hulle ’n bydrae kan lewer en vrylik kan deelneem. 7. Volwassenes leer nie almal op dieselfde manier nie. Dit hang in ’n groot mate af van die spesifieke lewensfase waarin daardie volwassene is. Dit sal bepaal watter saak of inligting op daardie oomblik vir hom/haar belangrik is of nie. 8. Meer helderheid, insig in en begrip van sake is belangriker as om ’n groot klomp kennis te bemeester en nuwe feite te moet byleer. 9. Volwasseleer verkies om nie met probleme te werk nie. Dit werk met uitdagings, moontlike uitkomste, alternatiewe, vars benaderings en verrassende ontdekkings wat gedurende ©° proses na vore kom. 10. Volwasseleer maak dat volwassenes meer geïnspireerd en bekragtig optree en met nuwe energie aan die vormingsproses deelneem. Dit maak dat hulle die ervaring om te leer as sinvol en verrykend ervaar. Evalueer Deurlopende evaluasie van die Rimpels-proses is deurslaggewend en die volgende klompie vrae kan verder met die evalueringsproses help: Stel eerstens vas of die basiese aspekte van die proses geslaagd was: 1. Vertrou die predikant lidmate om take alleen te onderneem? 2. Verstaan lidmate en predikante hulle rol duidelik binne die liggaam? 3. Is die nuwe bedienings geslaagd, of is aanpassings nodig? 4. Is die proses op koers, of moet prosesse herhaal word? 5. Het daar in die proses nuwe energie losgeraak? 6. Is die nuwe identiteit van die gemeente gevestig en voel lidmate deel daarvan? Dink nou na oor hoe die proses verder gevoer kan word: 7. Het lidmate se gesindheid in die laaste ses maande verander? Indien wel, hoe? 8. Het lidmate se verwagtings van die predikant verander? Indien wel, hoe? 9. Verstaan die predikant sy/haar nuwe rol in die gemeente? Indien wel, wat behels dit? 10. Het lidmate se rol verander van toeskouer na deelnemer? Indien wel, hoe? 11. Besef die gemeente en die predikant dat die liggaamsmodel deurslaggewend is? 12. Begryp elke gelowige dat hy/sy deel van die liggaam is? 13. Weet elke lidmaat in die gemeente waar hy/sy in die Koninkryk inpas? 14. Is die roeping en visie van die gemeente vir almal duidelik? Indien wel, wat behels dit? 15. Word elke gelowige in die gemeente se talente en passie gebruik? 16. Is daar deurlopend opleiding en bemagtiging van lidmate in die gemeente? Wie doen dit? Werk uit oor hoe die rimpels wyer in die samelewing kan uitsprei: 17. Word die gelowiges se roeping in dade omgesit en maak dit rimpels na die gemeente en gemeenskap? 18. Bou die rimpels wat lidmate se gebede maak aan ’n klimaat van afhanklikheid en verandering in die geloofsgemeenskap? Is die gelowiges in die gemeente deurlopend bewus van die Heilige Gees wat hulle lei en inspireer? 19. Is daar ’n Bybelskool/Slypskool/Bybelstudiegroep in die gemeente en gemeenskap wat lidmate toerus, besiel en help om deur die energie van die Heilige Gees te leef? Lei dit hulle om in te val daar waar God reeds werk? 20. Is daar Bybelstudie- en omgeegroepe wat hul voortdurend verwonder oor die Woord en wat ’n rimpeleffek in die gemeente het? 21. Kan die omringende samelewing die geestelike groei in die geloofsgemeenskap opmerk? 22. Geniet die oriëntering en inskakeling van nuwe lidmate hoë voorrang in die gemeente? 23. Word gelowige lidmate se leierskap ontwikkel en bemagtig sodat hulle onafhanklik van die predikant kan werk en optree? 24. Kom daar deurlopend nuwe projekleiers na vore? 25. Is daar belangegroepe wat verantwoordelikheid neem vir sekere aspekte van die gemeente? 26. Is daar groepe wat verantwoordelikheid vir oplossings aanvaar wanneer probleme opduik? Die projekleier(s) wat die rimpels-projek in julle gemeente bestuur, moet weer hulle rolle uitklaar. ’n Boek vir lidmaatbemagtiging: The Equipping Church Guidebook, Sue Mallory & Brad Smith 2001, by Leadership Network, Inc Michigan. Op bl 73 staan die volgende: The Church leadership team should ... teach, preach and cast the vision of equipping ministry advocate for the role and responsibility of the equipping ministry director champion the values of equipping ministry educate the congregation The church leadership team should not... run the equipping ministry team develop systems do gifts discovery. Pas die SMART-beginsel toe Maak seker dat die doelwitte en visie van die proses van lidmaatbemagtiging in julle gemeente behoorlik geformuleer is. Toets julle formulering aan die“SMART”-BEGINSEL – soos dit hier onder beskryf word. Was die doelwitte wat aanvanklik gestel was: - spesifiek?
- meetbaar?
- altyd bereikbaar?
- realisties?
- tydsverloop reg?
’n Projek behoort in ’n stadium die eindpunt te bereik. Het dit só met die proses in julle gemeente gebeur? Hulpmiddel: Rimpels-Boek: Natural church development (NCD) Verander van koers indien nodig: Die bestuur van gemeentes behoort al minder mense te betrek. Die doel is dat al meer lidmate by bedienings/aksies/projekte betrokke kan raak. Te veel mense wat wil bestuur, skep probleme van die kombuis vol chefs. Voorbeeld: ’n Lidmaat met ’n visie vir ’n bediening moet nie in vergaderings en bestuur verval wat sy/haar entoesiasme en geesdrif sal demp nie. Laat sy/hy dadelik met ’n paar persone wat ook in die spesifieke bediening belangstel begin en algaande sal hulle leer. Spoelklippie – Hoe hou julle die proses aan die gang? (Onthou en meet die volhoubaarheid.) Gelukkig is Rome nie in een dag gebou nie ... Wees geduldig met die prosesse. Hou die volgende rigtingwysers in gedagte vir volhoubaarheid van die Rimpels-proses in julle gemeente: - Onthou eerstens: Dit bly die Here se gemeente. Vra julle dus voortdurend af: Verstaan die gemeentelede God se wil vir julle as gemeente reg? Dit kan beteken dat julle moet terugbeweeg na die Woord-Rimpels (Droomkis). Wees bedag daarop dat die wil van die Here vir julle gemeente van tyd tot kan verander.
- Dit kan ook wees dat jy as predikant elke drie jaar weer van vooraf met die proses moet begin – soos dit in die voorafgaande houers voorgestel word: Droomkis, Oudit-aktetas en Aksie-reistas (kyk by die webwerf: www.rimpels.co.za.
- Het julle as Rimpels-vriende al na die nuutste Rimpels-DVD gekyk? (Kyk in die Gereedskapkas.)
- Netwerk deurlopend met ander gemeentes wat met soortgelyke prosesse besig is. Kyk wat julle by hulle kan leer.
- Laat die gemeente se leierskap gereeld opleidingsgeleenthede by fakulteite, gemeentes en sinodes in julle streek bywoon. Hou aan om te lees oor lidmaatbemagtiging. Oorweeg ook van tyd tot tyd om ’n fasiliteerder van buite die gemeente te kry wat kan help met moontlike nuwe perspektiewe en uitkomste.
- Hou die Rimpelswebwerf dop van die ADGO se Lidmaatbemagtigingsdiensgroep, gaan kuier ook op die Rimpels-Facebook-blad.
Ten Slotte: Onthou die kern van ’n strategiese plan - Die plan is slegs ’n instrument om julle as gemeente se werk in God se Koninkryk te orden en ’n beter greep daarop te kry.
- So ’n plan mag nooit lei tot oororganisasie en oorbestuur van ’n gemeente nie.
- Dit is belangrik om te onthou: Die gemeente bly ’n lewende organisme en moenie in ’n organisasie ontaard nie.
Die ritseling van die Gees en die gelowige se verwondering: Die rimpels van Geesgedrewe gelowiges bring verwondering, dankbaarheid en ’n lofuiting teenoor God! Dit is só omdat dit die Heilige Gees is wat altyd ons kop in die rigting van die Hoop draai. Mag julle die teenwoordigheid van die Here in julle gemeente in hierdie dae oorvloedig ervaar. Mag julle aanhou hoop in hierdie veranderende tye. Die Koninkryk van Jesus word gebou en is aan die kom ...! DIE BRUID – DIE KERK maak haar deurlopend gereed vir die koms van haar BRUIDEGOM – JESUS CHRISTUS ONS HERE – AAN HOM DIE EER!
|