![]() |
||
|
Oudit-Aktetas Inleiding Die oudit-aktetas maak dit vir gemeentes moontlik om met nuwe oë na die predikant, die gemeente en die gemeenskap te kyk. |
|
|
:: Doen ’n analise van die gemeente :: Doen ’n analise van die rimpelpotensiaal van die lidmate :: Doen ’n analise van die gemeenskap en omgewing Die doelwit van die oudit-aktetas vir die gemeente:
Uitkomste van die oudit-aktetas vir die gemeente: Doelwit van oudit-aktetas vir die gemeenskap:
Uitkomste van die oudit-aktetas vir die gemeenskap: --0-- Die oudit-aktetas sluit aan by die droomkis en help met die analise van die huidige konteks in die gemeente. Vrae word gevra om te prikkel. Die gedagte is nie nou al om tot aksie oor te gaan nie. Dit word gedoen by die aksie-reistas! Die oudit-aktetas help lidmate om opnuut bewus te raak van God se spesiale en unieke roeping wat Hy vir hulle het in hulle geloofsreis. Dit help lidmate om sensitief en op die uitkyk te wees vir hulle eie passie en gawes wat die Heilige Gees skenk en om dit opnuut of dalk vir die eerste keer met vrymoedigheid uit te leef. Dit gaan nie daaroor dat die leraar se werk oorgeneem word nie. Die oudit-aktetas streef eerder daarna om toe te sien dat elkeen in die gemeente sy/haar unieke rol vind. Deur kritiese vrae te vra oor hoe die bestaande bediening in die gemeente gedoen word, kom daar ’n proses los wat nuwe energie kan bring. Die antwoorde op die vrae gee geleentheid om weer vars na die gemeente se situasie te kyk. Die vraag is egter:
Die antwoorde lê onder andere daarin dat ’n analise op drie terreine gedoen word aan die hand van ’n klompie vrae. (Julle kan self vrae formuleer – Die oudit-aktestas gee idees oor moontlike vrae.)
Kliek op die Gereedskapkas vir: Powerpoint-rimpel: Verskillende Spiritualiteite
Die volgende vrae kan help om vas te stel hoe die gemeente deur die gemeenskap beleef word.
Kliek op die Gereedskapkas vir: Boek-rimpel: Malan Nel se Gemeentebou Boek-rimpel: Kennon L. Callahan se 12 Effective Keys Boek-rimpel: Christian Schwarch se Natural Church Develepment Boek-rimpel: Nelus Niemandt se Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede
Oor watter bestaande bedieninge en strukture beskik die gemeente? Vrae oor bestaande bedieninge:
Vrae oor bestaande strukture:
Indien die antwoorde op bogenoemde vrae die besef bring dat verandering nodig is, moet seker gemaak word dat die kerkraad die proses van verandering korrek hanteer. Oppas vir oorhaastige verandering en/of verandering ter wille van verandering. Miskien is die basiese strukture in orde en vra dalk net kleiner aanpassings. Oorweeg dan vrae soos die volgende:
Oor watter bronne beskik die gemeente tans? Fasiliteite:
Fondse:
Personeel:
Hierdie analise help die gemeente om die omgewing beter te verstaan en vas te stel hoe om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Indien die gemeente as gestuurdes (missionêre kerkwees) relevant wil wees, sal die gemeenskap waarbinne die gemeente kerk moet wees se spesifieke beheoftes in ag geneem moet word. Gemeentes is geneig om eerstens (en soms slegs) op hulle eie interne behoeftes en onderhoud te fokus. Analisering van die gemeenskap help die gemeente om ‘n visie en aksieplanne vir die omgewing te ontwikkel. Vra die besighede, polisie, hospitale, munisipaliteit, gemeenskapsleiers, ens wat hulle as die grootste probleem in die omgewing beskou. Wat dink hulle sou die gemeente kon doen om hiermee te help? Dit hoef nie "geestelik" te wees nie, bv: gesonde ontspanning vir jongmense, oprigting van robotte vir veilige oorgang van kinders, help met buurtwag, skoonmaak van publieke areas, parke, ens., straatkinders – heenkome, of neem na veilige plek. Die volgende belangrike vrae kan ook hiermee help:
Probeer ook om deurlopend aktiwiteite by die kerk te organiseer wat die gemeenskap betrek. Hierdie aktiwiteite is egter daarop ingestel om mense na die gemeente te nooi en is nie die lidmate wat na die gemeenskap uitreik en hulle wêreld infiltreer nie. Dit is meer tradisionele sake soos:
Gelowiges is mense wat deur die Heilige Gees nuut gemaak is toe hulle besef het dat God hulle uit genade gered het. Toe is hulle in Christus Jesus verander om hulle lewe voortaan te wy aan die goeie dade waarvoor die Here God hulle bestem het. (Ef 2:8-10) Elke gelowige is ’n tempel van God in wie die Gees van God woon (1 Kor 3:16). Namate die Heilige Gees jou lewe vervul, dra jy vrug en sien mense in jou lewe die kenmerke van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22). Gelowiges is dissipels van die Here Jesus wat deur hulle navolging van Christus groei tot geestelike volwassenheid. Solank hulle in liefde aan die waarheid vashou, sal hulle groei om meer en meer soos Christus te wees. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde (Ef 4: 13-16). Belangrike vertrekpunte Ons glo dat elke lidmaat in die NG Kerk wat bely: "Jesus Christus is die Here":
Die slagspreuk van lidmaatbemagtiging is: Gelowige: Jy is dit! Leef dit! Hierdie beginsel is ononderhandelbaar: Dit gaan nie oor ‘n besige gemeente nie, maar oor die wese van gemeentewees wat ’n verskil maak in hierdie wêreld! In baie gemeentes is die gawes van lidmate tot ’n groot mate nog ’n onderbenutte bron. Die groot uitdaging is hoe ’n gemeente sy lidmate tot hulle volle potensiaal kan begelei sodat hulle optimaal en aktief betrokke kan wees met liefdevolle dienswerk binne die kerk, die wêreld en God se koninkryk. Julle gemeente het mos klaar besluit julle wil op hierdie nuwe reis as Gestuurdes na die wêreld beweeg ... Wat keer dat julle dit doen? Twyfel jy of daar genoeg potensiaal is? God weet watter gawes op watter tyd in elke gemeente nodig is. Passie en gawes Gaan doen bietjie ’n oudit en jy sal verras wees oor watter gawes en bronne in jou gemeente beskikbaar is. God skenk aan elke gelowige die Heilige Gees en gawes om sy roeping op aarde te vervul. Vrae wat kan help :
Hulpmiddels: Indien julle gemeente reeds bogenoemde prosesse gedoen het, het ons ’n hulpmiddel om nuwe entoesiasme en energie los te maak! Bestel een van die Rimpel DVD’s in die Gereedskapkas. Kyk daarna en bespreek wat julle ervaar het toe julle daarna gekyk het. Vra julleself af: Maak ons ’n verskil in die omgewing waarbinne ons geplaas is? Het julle ook soos op die DVD iets unieks en soortgelyks in julle omgewing wat vra vir hulp en ondersteuning? Het julle die gawes onder mekaar om ’n rimpel te veroorsaak in julle gemeenskap soos julle op die Rimpel DVD gesien het? Dis ’n heerlike avontuur om jou gawes te ontdek en namate jy dit gebruik, nog meer en meer van die Here te ontvang. Kliek hier vir die Gereedskapkas vir: Preek-rimpels Gespreksvrae-rimpels Woord-rimpels (Bybelstudie) Rimpel-artikel: Die Heilige Gees bemagtig ons Rimpel-artikel: Ontsluit lidmate se potensiaal Rimpel-artikel: DieLiggaamsmodel Hulpmiddels om gawes te ontdek en lidmate te betrek Rimpel-kursus: SHAPE – Passie en Gawes Rimpel-kursus: Netwerk - Willows Maak ’n bestekopname van waar die gemeente alreeds betrokke is.
Dit mag wees dat die konteks waarbinne die gemeente funksioneer vra dat die dienswerk in die gemeente beter geherstruktureer moet word. Dit is belangrik om saam te sit en vir mekaar die verhale en stories van die gemeente se betrokkenheid in die gemeenskap te vertel. Julle kan ook bespreek of daar ander behoeftes in die gemeenskap is waarby julle betrokke kan raak. Was julle verbaas oor die resultate? Wat was die grootse verrassings? Wat was verkeerde persepsies? Dit is belangrik om nog meer uit te vind oor die gemeente op plekke wat ons dit nie normaalweg doen nie. Die leierspan moet nie net onder mekaar praat oor die gemeente nie. Hulle moet ook hoor wat gewone lidmate, kinders, nie-lidmate en die omgewing van die gemeente sê. |
||
Kopiereg 2010 Rimpels. Alle Regte Voorbehou. ![]() ![]() ![]() |
||