Tuis Registrasie Slegs vir die dominee Die droomkis Die oudit-aktetas Die aksie-reistas Die gereedskapkas Die evaluasielaai Terug na verwelkomingsblad
WELKOM BY RIMPELS SE WEBWERF

Nuwe reeks bybelstudies
Jy word nou uitgenooi om saam met Lukas op ’n ontdekkingsreis na die wêreld van die vroeë kerk vir die volgende paar weke te vertrek. Natuurlik moet jy nie verwag om in Handelinge ’n volledige verslag oor al die doen en late van die eerste Christene aan te tref nie. Baie mense ,selfs geleerdes, het al in die verlede in die strik getrap om Handelinge as ’n tipe outobiografie oor die vroeë kerk te beskou.

Lukas die skrywer van hierdie werk wil egter nie ons nuuskierigheid oor die dag tot dag gebeure in die vroeë kerk bevredig nie. Hy wil eerder vir ons vertel van die aktiwiteite van die Heilige Gees in en deur Petrus, Paulus en ander vroeë Christene. Handelinge wil vir ons wys hoedat Christus se belofte in Hand.1:8, dat Sy kerk krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom,uiteindelik tot aan die uithoeke van die wêreld van die eerste eeu vervul is. Klik op die onderstaande skakels.

Dissipels maak Dissipels 6

Dissipels maak Dissipels 5

Dissipels maak Dissipels 4

Dissipels maak Dissipels 3

Dissipels maak Dissipels 2

Dissipels maak Dissipels 1

Besoek gerus die gereedskapkas vir nuwe produkte en materiaal!

 

Rimpels vir die Koninkryk! Bemagtig elke lidmaat

Waaroor gaan Rompels? Rimpels benut elke gelowige se potensiaal en gawes optimaal om ‘n verskil in hulle omgewing te maak.

Die Rimpelproses verskaf praktiese, geïntegreerde en goed deurdagte prosesse en bedieningsgereedskap, wat lidmate sal help om hulle roeping in die markplein uit te leef.

Die Rimpelproses help met:

•Leraar-wees
•Gelowige-wees
•Gemeente-wees
en hoop om meer energie en entoesiasme op ‘n praktiese manier te bring!

Elke leraar:
Wees op die uitkyk vir jou gratis Rimpel “starterpack” wat jy gedurende 2009 gaan ontvang en word deel van die Rimpel-effek! Registreer asseblief om die volle voordeel van die Rimpelproses te kry nadat jy die pakket ontvang het.

Wanneer 'n woord soos volg vertoon "Voorbeeld" beteken dit dat die woord 'n skakel is. Klik op die skakel om jou verder te neem.

Kontak besonderhede:

•Vir algemene navrae en opmerkings/kommentaar - Rinel Hugo rinel@rimpels.co.za of 012 342-0092
•Vir plasing van artikels, preke, ens - Francois Swart francois@uitsigkerk.co.za of 021 919-2697
•Vir Tegniese Navrae oor die program - Adèle Lombaard van Bybel-Media by 021 864 8220.

[Teken uit]
© 2009 Rimpels. Alle Regte Voorbehou.