Tuis Registrasie Slegs vir die dominee Die droomkis Die oudit-aktetas Die aksie-reistas Die gereedskapkas Die evaluasielaai Terug na verwelkomingsblad
Christian Louboutin PumpsCheap UGG Bootschristian louboutin 2010UGG Bailey Button BootsFlat irons hot pinkair max shoesPrada America's Cup Menscheap nike shoesprada shoes onlineprada shoes ukUGG Boots Sale
WELKOM BY RIMPELS SE WEBWERF

Die Rimpels-webwerf bied nuwe idees en gedagtes om lidmate in die gemeente te bemagtig!

2011 NUUSBRIEWE

Rimpel-Rimpels: Oktober
Rimpel-Rimpels: September
Rimpel-Rimpels: Augustus
Rimpel-Rimpels: Julie
Rimpel-Rimpels: Junie
Rimpel-Rimpels: Mei
Rimpel-Rimpels: April
Rimpel-Rimpels: Maart
Rimpel-Rimpels: Februarie

Albert Einstein het gesê:
“Leer uit die verlede – leef in die hede!
En moenie ophou om baie vrae te vra nie!!”

Ons lidmate het beslis baie vrae oor die lewe en die kerk en hoe om te “cope” met elke dag se situasies. Ons weet daar word baie gedoen vir ons jongmense in die gemeentes. Maar hoe kan die lidmate 20 jaar en ouer begelei word in voortgesette geloofsvorming? Hulle bevind hulle in verskillende lewensfases. Hulle het soveel ervaring van die lewe wat hulle met die kerk kan deel. Daar is soveel gawes van lidmate wat wag om tot voordeel van die Koninkryk benut te word.
Rimpels wil gelowiges veral op twee vlakke energeer en bystaan sodat hulle ten volle vir God se saak tot ontplooiing kan kom!

Eerstens is dit belangrik dat elke lidmaat sy/haar gawe sal ontdek en weet waar hulle inpas in die gemeente se werksaamhede.

Tweedens behoort lidmate verder toegerus te word met die nodige lewensvaardighede om elke lewensfase as ‘n uitdaging te sien en dit optimaal te beleef en aan God die eer daarvoor te gee!
Deur lewenstyl en diens in hulle gemeenskappe maak lidmate rimpels vir God se saak wat die samelewing transformer soos God dit wou gehad het.

Besoek gerus die gereedskapkas vir nuwe produkte en materiaal!
• Rimpels in Handelinge: 40 Dae Bybelstudie;
• Die jongste Rimpels-DVD – Hittebestand;
• RPS – Praktiese beelde om jou preek te verryk uit die nuusgebeure van die dag;
• Loer by die boekresensies oor die jongste boeke wat kan help met lidmaat- bemagtiging.

Waaroor gaan Rimpels? Rimpels benut elke gelowige se potensiaal om ’n verskil in hulle omgewing te maak. Die Rimpelsproses verskaf praktiese, geïntegreerde en goeddeurdagte prosesse en bedieningsgereedskap wat lidmate sal help om hulle roeping in die markplein uit te leef.

Die Rimpelproses help met:
• Leraar-wees
• Gelowige-wees
• Gemeente-wees en hoop om meer energie en entoesiasme op ‘n  praktiese manier te bring!

Elke leraar:
Bestel gerus jou gratis Rimpels-handleiding-CD (“starterpack”) en word deel van die Rimpelseffek! Registreer dan gerus op die Rimpelswebwerf om die volle voordeel van die proses te kry nadat jy die pakket ontvang het.

Wanneer ‘n woord in blou letters en onderstreep vertoon, is dit ‘n aktiewe skakel waarop jy kan klik om jou direk na die afdeling of adres te neem.

Kontakbesonderhede:
Vir algemene navrae en opmerkings en kommentaar:
Rinel Hugo rinel@rimpels.co.za
of 012 342 0092.

Vir plasing van artikels, preke, ens:
Francois Swart francois@uitsigkerk.co.za
of 021 919 2697.

Om ‘n Rimpelshandleiding-CD te bestel:
Ilse-Ann ilse@bmedia.co.za
of skakel 021 864 8228.

Vir tegniese navrae oor Rimpels:
Adèle Lombaard adele@bmedia.co.za
of skakel haar by Bybel-Media by 021 864 8220.

[Teken uit]
Kopiereg 2010 Rimpels. Alle Regte Voorbehou.